Finansiële Adviseurs: Intreevlak of Gevestig
Stel u belang in ‘n loopbaan as Finansiële Adviseur: Intreevlak of Gevestig? Old Mutual Persoonlike Finansiële Advies kan jou help om ‘n besluit te neem.
Old Mutual Persoonlike Finansiële Advies is opsoek na persone met eie inisiatief en wie gemotiveerd genoeg is om suksesvol te wees in die finansiële dienste industrie.
‘n Uitstekende pakkette is ook beskikbaar vir gevestigde makelaars/finansiele adviseurs met ‘n bestaande Klientebasis en die nodige FAIS Krediete/kwalifikasie, wat ingevolge die Wet geskik is. Kontak ons om te hoor wat ons kan aanbied, indien jy daarvoor kwalifiseer en bereik nuwe hoogtes vir jouself en jou Kliente.
Om suksesvol te wees as ‘n Old Mutual Persoonlike Adviseur moet die kandidaat mens-geoöriënteerd wees met ‘n passie daarvoor om ‘n persoonlike verhoudings met sy kliënte te bou om sodoende die kliënte te help om hul finansiële doelwitte te bereik deur uitstekende beplanning, advies en leiding.
Uitstekende geleenthede is tans beskikbaar in die Wes-Kaap in die Paarl-, Wellington-, Stellenbosch-, Franschhoek-, Somerset-Wes omgewing.
Die minimum kwalifikasie is Matriek (Graad 12) of NQF (Finansiëel) en diensaanvaarding is onderhewig aan FAIS riglyne. Bestuurslisensie en eie voertuig is noodsaaklik.
Die hoofkriteria vir oorweging is uitstekende interpersoonlike vaardighede, ‘n passie vir diens en ‘n behoefte om te slaag, maar die volgende sal ook in u guns tel.
-
Verkoopsvermoë
-
Gefokus op kliënte
-
Beplanning en organisering
-
Selfdissipline en volharding
-
Besluitneming
-
Rekenaarvaardigheid
Ondervinding in kliëntediens en verkope, veral in die finansële dienste, sal voordelig wees.
Saam met ‘n mededingende vergoedingspakket en prestasie-gebasseerde bonuses, kan die suksesvolle kandidaat ‘n stimulerende en uitdagende loopbaan met uitstekende bevorderingsmoontlikhede verwag.
Old Mutual is ‘n Gelissensieërde Finansiële Diensteverskaffer en Gelyke Indiensnemingswerkgewer.
| |
Reference: cc120214812
Closing Date: 2012-03-09
|
|
|