|
LATEST JOBS |
Interne ouditeur
Job Application Expired, you can only view this job. |
|||||||||
| Interne Ouditeur EE Status: No Ind./Cat: Finance & Accounting |
View profile for Sentraal-Suid Kooperasie Bpk | |||
| Package: Mark verwant Swellendam |
||||
Sentraal-Suid Koöperasie Beperk, ’n gevestigde en
gediversifiseerde landbou-onderneming beskik tans oor die onderstaande
vakature by hul Hoofkantoor in Swellendam.
Interne Ouditeur
Die suksesvolle kandidaat sal aan die Hoof Uitvoerende Beampte en Ouditkomitee rapporteer en oor ’n toepaslike
naskoolse kwalifikasie en goeie interpersoonlike vaardighede beskik, goed kan prioritiseer, onafhanklik en akkuraat
onder druk kan werk. ’n Geldige kode EB- (kode 08) bestuurderslisensie is ‘n vereiste, terwyl toepaslike ondervinding
’n aansoek sal versterk.
Die posbekleër sal verantwoordelikheid aanvaar vir die omvattende Interne Oudit-funksie. Dit behels onder meer:
• kontrole/oudit van bedryfsprosedures • kontrolering van kontant, die kleinkas, inter-departementele oorplasings,
ontvangsbewyse, ens. • voorraadtellings en steekproewe op ‘n ad hoc grondslag • deurvoer van die SSK Strategiese
Ouditplan • deurlopende risiko-identifisering en aanpassings aan die SSK Risikoplan.
Rig u aansoek met ‘n dekbrief en ‘n bondige CV (met vermelding van verwagte vergoeding,
‘n kontaknommer en die kontakbesonderhede van ten minste drie kontakbare referente) aan:
Die Menslike Hulpbronbestuurder, Posbus 12, Swellendam 6740, of faks 028 514 8656 (Vir aandag:
mnr. A. Burger) of per e-pos na alwyn@ssk.co.za
Aansoeke sluit op 3 Februarie 2012.
Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand ná die sluitingsdatum ontvang
het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
|
||||