LOGiN job seekers

Email

Password
Remember Me


Forgot Password?
New Registrations?

 LATEST JOBS

Managing director
Vredendal

Job Application Expired, you can only view this job.
Managing Director
EE Status: No
Ind./Cat: Wine
Click here to view company profile
Vredendal

Ons kliënt, ‘n progressief-denkende wynbesigheid geleë in die Weskus/Olifantsrivier Wynstreek beskik tans oor die volgende vakature.

BESTURENDE DIREKTEUR

 Die ideale kandidaat het sterk interpersoonlike en kommunikasie vaardighede in beide Afrikaans en Engels, is selgemotiveerd, deeglik en inoverend.  ‘n Toepaslike naskoolse kwalifikasie in ‘n bestuursrigting en bewese kommersiële besigheidsbestuursvaardighede, óf as besturende direkteur óf as departementshoof in ‘n groot multinasionale organisasie, is vereistes vir die pos terwyl ‘n goeie aanvoeling van vinnigbewegende verbruikersgoedere en die opbou van handelsmerke in die aansoeker se guns sal tel. Finansiële kundigheid, vorige ondervindng in ‘n produksie omgewing sowel as ondervinding in en kennis van die wynindustrie sal in die aansoeker se guns tel.  Die kandidaat moet bereid wees om te herlokeer en dikwels nasionaal en internasionaal te reis. 

Pligte behels onder andere: 

  • Alle fidusiêre verpligtinge en verantwoordelikhede wat normaalweg met direkteurskap geassosieer word
  • Verteenwoordiging van die maatskappy op publieke- en besigheidsforums soos wat deur die direksie versoek mag word
  • Om aandeelhouers-uitbetalings te groei tot vlakke wat met die top 25% van Suid-Afrikaanse koöperatiewe wynkelders kan vergelyk
  • Oorhoofse verantwoordelikheid vir die bestuur en koördinering van alle sleutel funksionele dissiplines binne die organisasie
  • Nasionale en internasionale besigheidsontwikkeling van alle paslike produkkategorieë, veral ten opsigte van handelsmerk- en bulkwynverkope
  • Volle deelneming saam met die res van die direksie aan die stel van korporatiewe en departementele doelwitte en strategieë, en maandelikse terugvoering oor vordering hierteenoor
  • Korporatiewe risikobestuur in samehang met die maatskappy se oudit-komitee
  • Jaarlikse prysonderhandelinge met belangrike kliënte
  • Verseker dat besigheidskontroles en informasiebestuurspraktyke op die hoogste standaarde van akkuraatheid en betroubaarheid gehandhaaf word
  • Bestuur, motivering en aktiwiteitskontrole van sleutelposte wie aan die persoon rapporteer
  • Kommunikasie met en rapportering aan aandeelhouers oor besigheidstrategieë en resultate soos toepaslik. 

In ruil vir u bydrae bied ons kliënt ‘n kompeterende vergoedingspakket aan. 

Skakel gerus vir Mallies le Roux by 021-8631444 indien u enige verdere vrae het.


Reference: cc100410311
Closing Date: 2010-04-21


total page views 136

Search for a country job:
Enter Keyword(s)
Match by
EE only
 Region (*)
Town
Occupational Category
Job Type
All Permanent
Contract Temporary
Need Help?  
 
Lees in Afrikaans:
Sign-up for job alerts
Country Quotes
''n Lemoenboom in die winter is 'n sonboom.' - Antjie Krog
Copyright © 2009 Country Careers | www.countrycareers.co.za. Terms & Conditions