|
LATEST JOBS |
Produksie bestuurder/projek ko-ordineerder (organiese groente)
Job Application Expired, you can only view this job. |
|||||||||
| PRODUKSIE BESTUURDER/PROJEK KO-ORDINEERDER (organiese groente) EE Status: No Ind./Cat: Agriculture |
![]() |
|||
| Package: Onderhandelbaar Ceres |
||||
Ons klient is ‘n prominente en vooruitstrewende uitvoer vrugteprodusent in die Bo-Swaarmoed omgewing. Ondergenoemde pos is beskikbaar op Welvaart plaas, sowat 30 km van Ceres geleë.
PRODUKSIE BESTUURDER/PROJEK KO-ORDINEERDER (Organiese groente)
Die dienste van ‘n Produksiebestuurder vir ‘n gevestigde organiese groenteplaas met ‘n hoësorg verpakkingsaanleg vir die verpakking en verwerking van organiese groente asook skakeling bemarkers, diensteverskaffers, en ander betrokke partye, word benodig.
‘n Toepaslike na-skoolse kwalifikasie in Landbou met minstens vyf jaar toepaslike ondervinding is 'n vereiste. Die persoon sal primêr verantwoordelikheid wees vir groente produksie en sekondêr die verpakking van produkte. Verkieslik word ondervinding van groente verbouing en ‘n belangstelling in biologiese / organiese produksiemetodes verlang sowel as ondervinding van die verpakking van groente en die gepaardgaande higiëne standaarde en gehalte vereistes.
Die pos behels ‘n sterk beplannings / koördinerende funksie. Die geskikte kandidaat moet oor baie goeie mense verhoudinge beskik en die vermoe hê om deeglike beplanning en koördinasie te doen tussen die produksie en bemarkings afdelings.
Die aard van die besigheid is kompleks en intensief en die geskikte kandidaat moet die vermoë hê om al die produksiefasette van so ‘n besigheid te bestuur.
Sleutel prestasie areas sluit die volgende in: • finansies • produksie • opleiding en ontwikkeling • personeel bestuur • batebestuur en verliesbeheer
Benewens die kwalifikasie en ondervinding op bestuursvlak word die volgende persoonlike eienskappe verwag: • Mensgerigtheid • Selfgemotiveerd en selfstandig • Interpersoonlike vaardighede • Besigheidsinsig en oriëntering • Kommunikasie vaardighede
‘n Mededingende vergoedingspakket in ooreenstemming met toepaslike kwalifikasies en ondervinding word aangebied. Byvoordele sluit behuising op die plaas, deelname aan ‘n winsdeelskema asook lidmaatskap van ‘n voorsorgfonds en mediese skema in.
Rig u aansoek aan admin@hopcal.co.za met Organiese Groente as onderwerp.
Kandidate wat geen terugvoering binne drie weke van aansoek ontvang nie, kan hul aansoek as onsuksesvol beskou.
HOPKINSCALVERT ASSOCIATES (PTY) LTDREG No 200010196451077 ROSENOW STREET SOMERSET WEST 7130POSTNET SUITE #258 PRIVATE BAG X15 SOMERSET WEST 7129TEL: (INT +27) 021-8513639● FAX:(INT +27) 021 851 3238 ● E-MAIL: admin@hopcal.co.za
|
||||