BEMARKER(MPHB)

Full Time
  • Post Date: 9 Aug 2019
  • Apply Before: 31 Aug 2019
Job Description

Hierdie internasionale hotelgroep, beskik oor ‘n geleentheid vir ‘n dinamies, energieke kandidaat met goeie menseverhoudinge in die volgende beskikbare posisie

BEMARKER

UPINGTON

Vereistes:

– Die suksesvolle kandidaat moet self gemotiveerd wees en oor goeie interpersoonlike vaardighede beskik

– Bo-gemiddelde rekenaarvaardigheid in MS Office & sosiale media mediums.

– Ten minste 2 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke omgewing met sterk organiserings-, administratiewe- en voorleggingsvaardighede

– Geldige bestuurslisensie.

– ‘n Toepaslike tersiêre kwalifikasie in of bemarking/ kommunikasie/ reklame sal voorkeur geniet.

Die suksesvolle kandidaat sal onder meer verantwoordelik wees vir:

– Die bemarking van Protea Hotel Upington asook The Oasis Hotel/ River City Inn en Drumsheugh plaas

– Die opstel en instandhouding van die bemarkingspromosie programme

– Instandhouding van sosiale media

– Maandelikse besoek aan reisagente en kliënte in Kimberley

– Reël van kwartaalikse span & maatskappy vergaderinge asook seminare en opleiding

– Bestuur van sosiale verantwoordelikheidsprogram

– Onvang en onthaal van VIP persone.

Daar word ‘n markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf, aan pos gekoppel.

Rig u volledige CV met verwysing MPHB voor 16 Augustus 2019 aan recruitment@ovdm.co.za