FINANSIELE KLERK

Full Time
  • Post Date: 19 November 2018
Job Description

 Die Karsten Groep, ‘n prominente en vooruitstrewende uitvoer tafeldruif produsent in die Noord en Wes Kaap benodig die dienste van ‘n  Finansiele Klerk  vir hulle afdeling in Robertson (Eilandia) area.

                                                                   FINANSIELE KLERK
                                                                        (Robertson)

‘n Matriek sertifikaat, verkieslik wiskunde en/of rekeningkunde as vak, is ‘n vereiste. Twee of meer jare ondervinding in ‘n soortgelyke posisie, Accpac en rekenaarvaardigheid in MS Office en Excel sal u aansoek versterk.

Funksie sluit in, maar is nie beperk tot:

– krediteure                                                    –    administrasie van aankope       
– byhou van voorraad rekords                     –    opvolg uitstaande bestellings
– pryse en kwotasies aanvra                        –    inlees van fakture op sisteem 
– rekonsiliasies                                               –    behulpsaam met kostebestuur          
– liassering                    

Benewens kwalifikasies en ondervinding, word die volgende persoonlike eienskappe verwag:

–  mensgerigtheid                                            –   selfgemotiveerd
– interpersoonlike vaardighede                      –   moet onafhanklik kan werk
– goeie kommunikasie vaardighede              –   telefoon en kantoor etiket

Mededingende  vergoedingspakkette in ooreenstemming met toepaslike kwalifikasies en ondervinding word aangebied.

Vir verdere navrae oor die pos kan Enrico van Deventer gekontak word by 021-970 2800.

Rig jou aansoek en CV aan antonh@karsten.co.za of  faks na no. 086 662 3686.
 
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE IS DINSDAG, 27 NOVEMBER 2018

Kandidate wat geen terugvoering binne drie weke na bogenoemde sluitingsdatum ontvang nie, kan hul aansoek as onsuksesvol beskou.