Instandhoudingsbestuurder

Full Time
  • Villiersdorp
  • Post Date: 6 August 2018
  • Apply Before: 24 August 2018
Job Description

Betko bedryf ‘n groot verkoeling- en verpakkingsaanleg in Villiersdorp.  Die volgende loopbaan 

geleentheid het by ons ontstaan.

INSTANDHOUDINGSBESTUUDER

Die aard van die posbekleër se werksbeskrywing vereis praktiese kundigheid en bewese werkservaring gerugsteun deur ‘n toepaslike kwalifikasie as ambagsman (”millwright” of pas-en-draai).

Verantwoordelikhede wentel rondom voorkomende én roetine instandhouding op die werksperseel.  Dit sal hoofsaaklik fokus op verpakkingsmasjienerie en -toerusting, asook koelkamers, om deurgaanse kontinuïteit van die produksieproses te verseker.  Geboue en omliggende paaie sal ook deur die betrokke persoon en sy span gediens word.  Toepaslike kennis van die volgende is dus belangrik:

  • meganies,
  • sweis,
  • elektrisiteit en elektronika,
  • verkoeling,
  • algemene instandhouding.

Betroubare verwysings sal getuig dat die suksesvolle kandidaat ‘n gedissiplineerde persoon is wat stiptelik en noukeurig werk.  Goeie menseverhoudings – veral binne spanverband – tesame met energie en stamina sal prioriteite wees.  Bereidwilligheid om na-ure en naweke beskikbaar te wees is ononderhandelbaar.

Die vergoedingspakket sal in lyn wees met die vereistes van die pos.

Marianne Rousseau sal alle navrae en CV’s tot Woensdag, 15 Augustus 2018 vertroulik ontvang by mwnti@iafrica.com en 021- 910 2413.

Indien u nie binne 4 weke van ons gehoor het nie, kan u aanvaardat alternatiewe besluite geneem is.  Onshou nietemin u CV op rekord vir moontlike toekomstige verwysing.