Plaasbestuurder – Robertson Area

This job has been Expired
Full Time
  • Post Date: 7 November 2018
Job Description

Ons kliënt, met gevestigde wyndruif boerdery benodig die dienste van ’n dinamiese en passievolle kandidaat wat saam met die plaas kan groei en dit in ’n hoogs suksesvolle produksie-eenheid kan vestig.

Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir verwante produksie-aktiwiteits, soos die instandhouding van goedgevestigde wingerde, oes, snoei en effektiewe bestuur van die arbeidsmag.

DIE GESKIKTE KANDIDAAT MOET AAN DIE VOLGENDE VEREISTES VOLDOEN:

  • ‘n Minimum van 5 jaar toepaslike ervaring in wingerd verbouing.
  • Goeie keenis van wyndruiwe, besproeiing en kunsmis.
  • Produktiwiteit kan inspireer deur goeie leierskap, opleiding en goeie menseverhoudinge.
  • ’n Goeie aanvoeling vir instandhouding en onderhoud van toerusting en geboue.
  • Meganiese vaardighede
  • Kode 10 lisensie

Hierdie pos is ’n unieke langtermyn geleentheid vir iemand wat sy passie en ervaring wil aanwend om sy eie doelwitte en menslike vervulling te bereik.

’n Woonhuis en werksvoertuig beskikbaar.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Sluitingsdatum vir aansoeke is 13 November 2018.

Indien u nie binne twee weke terugvoering ontvang nie, moet u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.