PLAASBESTUURDER – ROBERTSON AREA

Freelance
  • Post Date: 10 August 2018
Job Description

‘n Gevestigde onderneming is op soek na ʼn dinamiese en passievolle kandidaat wat saam met die plaas kan groei en dit as ʼn hoogs suksesvolle produksie-eenheid kan bestuur. Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir verwante produksie-aktiwiteite, soos ontwikkeling van nuwe boorde, besproeiing, oes, snoei en effektiewe bestuur van die arbeidsmag.

Die regte kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen:

  • Voldoende ervaring en kundigheid in die verbouing en uitvoer van steenvrugte insluitend die industrie vereistes en werkswyses.
  • Kennis en ervaring van Pruime sal u aansoek versterk.
  • ‘n Toepaslike naskoolse kwalifikasie sal u aansoek versterk.
  • ‘n Toegewyde en doelgerigte individu wat dinge gedoen kry binne die raamwerk van ʼn langtermyn strategiese plan.
  • Produktiwiteit kan inspireer deur goeie leierskap, opleiding, mentorskap en menseverhoudinge.
  • ‘n Basiese begrip vir instandhouding en onderhoud van toerusting.

Hierdie pos is ʼn unieke langtermyn geleentheid vir iemand wat reg is om sy passie en ervaring aan te wend ter bereiking van sy eie doelwitte en menslike vervulling. ‘n Mededingende vergoedingspakket sal aan die regte kandidaat gebied word.

Diensaanvaarding: Soos ooreengekom.

Sluitingdatum vir aansoeke is 20 Augustus 2018.

Indien u nie binne twee weke terugvoering ontvang nie, moet u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.