Produksiebestuurder (Plaasbestuurder) – Breëriviervallei

Application deadline date has been passed for this Job.
Full Time
  • Post Date: 16 Mar 2020
Job Description
Gevestigde Maatskappy wat spesialiseer in die produsering en uitvoer van sitrus en steenvrugte, beskik oor hierdie posisie vir ‘n dinamiese, selfgedrewe persoon as deel van hul span.

 Vereistes:

  • Ons wag op aansoeke van energieke en hardwerkende individue wat oor bewese bestuursvaardighede beskik, ondersteun deur minimum 5 – 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die verbouing van sitrus en steenvrugte.
  • ‘n Toepaslike landbou kwalifikasie sal in jou guns tel
  • Goeie menseverhoudinge, kommunikasievaardighede
  • Die vermoë om onafhanklik te funksioneer, ondersteun deur ‘n deeglike tegniese agtergrond van besproeiing, bemesting en bespuitings asook die implementering en toepassing van gehaltebestuurstelsels soos GLOBALGAP & SIZA.
  • Ondervinding in die bestuur van nuwe ontwikkelings is ook van belang.

Oorhoofse pligte sal insluit:

  • Bestuur en kontrole oor alle produksie aktiwiteite
  • Bestuur van en beheer oor produktiwiteit van arbeid, gehaltebestuur

Daar word ’n mededingende vergoedingspakket aan die pos gekoppel volgens kwalifikasie en ondervinding.(Indien u nie binne 14 dae na sluiting van aansoeke van ons gehoor het nie, was u aansoek onsuksesvol)