Sagtevrugte Plantverbeteringstegnikus

Full Time
  • Post Date: 11 September 2018
Job Description

Ons kliënt, ‘n spesialis Sagtevrugte Plantverbeteringsorganisasie het tans ‘n vakature vir ‘n Sagtevrugte Plantverbeteringstegnikus. Hierdie pos is in Stellenbosch gebaseer.

Vereistes:

  • Nasionale Diploma of B-graad met Hortologie en/of Wingerdkunde
  • 3-5 jaar ondervinding in pomologie en ook verkieslik in die kwekerybedryf
  • Kennis van Plantverbeteringswet en sertifiseringsskema
  • Kwalifikasie as Plant SA inspekteur sal voordelig wees
  • Goeie kommunikasie en interpersoonlike vaardighede
  • Goeie kennis van Microsoft Windows, MS word, Excel en Access
  • Selfgedrewe en selfstandig met die vermoë om onder druk te kan werk
  • Betroubaar met `n goeie verantwoordelikheidsin en deursettingsvermoë
  • Moet onafhanklik besluite kan neem
  • ‘n Geldige bestuurslisensie (kode10/EC1)
  • Bereidwillig om te reis 

Kern prestasie areas:

  • Verantwoordelik vir insameling, verwerking, koelopberging, verpakking, sertifisering, uitreiking en versending van kern- en steenvrug ogies en ente aan kwekers en kliënte
  • Verantwoordelik vir inspeksies, kontrolering, siektes en plae identifikasie, sertifisering en rapportering vir enige genetiese afwyking en tipe-egtheid op evaluasie en moederblokke
  • Verantwoordelik vir inspeksies, kontrolering van bestellings en kwaliteitstandaarde by gekontrakteerde kwekerye volgens die voorgeskrewe standaarde van Sagtevrugteplantverbeteringswet
  • Byhou van inspeksie- en blokbesoekverslae
  • Verantwoordelik vir veiligheid en gesondheid, personeelevaluerings en opleiding van werknemers.

 Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • huidige salaris, asook salaris verwagting
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word 

Indien u nie binne drie weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.