SENIOR PRODUKSIEBESTUURDER: TAFELDRUIWE

Full Time
  • Post Date: 12 Apr 2019
  • Apply Before: 30 Apr 2019
Job Description

Habata is ‘n gevestigde en dinamiese landbou onderneming.

Die volgende loopbaangeleentheid is beskikbaar weens nuwe ontwikkeling en aanplantings van Tafeldruiwe in die Robertson-vallei.

SENIOR PRODUKSIEBESTUURDER: TAFELDRUIWE

Doel van die Pos: Selfstandige en intensiewe bestuur van alle tafeldruif produksie- en verpakkingsprosesse vir voorkeur uitvoermarkte en koste effektiewe bestuur binne begroting van produksie eenheid.

Sleutel verantwoordelikhede o.l.v die Area Bestuurder sal wees:

  • produksiebestuur van 86 ha tafeldruiwe en verdere uitbreidings
  • insae in oprigting en vestiging van nuwe pakfasiliteit
  • verpakkingsbestuur van tafeldruiwe in pakstoor vir uitvoermarkte
  • kwaliteits- en risiko bestuur
  • personeelbestuur en -opleiding van die betrokke produksie-area
  • doeltreffende begrotings- en administratiewe bestuur
  • volhoubare bestuur van natuurlike hulpbronne
  • verseker toepassing van beste praktyke
  • handhaaf en bevorder onderneming se beleid en kultuur.

Die volgende vereistes:

  • landbougerigte tersiêre kwalifikasie
  • minimum 8-10 jaar tafeldruif produksie ervaring
  • kennis van verbouing van tafeldruiwe onder nette
  • ondervinding in die bestuur van ‘n tafeldruif pakhuis
  • kundigheid in nuwe praktyke en kultivars
  • selfgedrewe en innoverende ingesteldheid
  • minstens 3 betroubare verwysings;

Vaardighede:

  • leierskap;
  • organisatories;
  • probleem voorkoming & oplossing;
  • kommunikasie; administrasie en rekenaar- en stelselgeletterdheid is belangrike oorwegings kriteria

Die onderneming bied die nodige organisatoriese kapasitiet en ondersteuning om die vereiste bestuursbeginsels effektief toe te pas asook ‘n omvattende en markgerigte vergoedingspakket.

Marianne Rousseau ontvang alle aansoeke en navrae vertroulik by mwnti@iafrica.com tot Dinsdag, 30 April 2019. Tel: 021 9102413.