SENIOR PRODUKSIEBESTUURDER: TAFELDRUIWE (MACSP)

Full Time
  • Post Date: 9 May 2019
  • Apply Before: 11 Jun 2019
Job Description

Hierdie Groep is ‘n toonaangewende produsent van Sitrus- en Tafeldruiwe vir die uitvoer-mark. Die Groep het kommersiële boerderyproduksie-eenhede en pakhuise versprei regoor Suid-Afrika.

SENIOR PRODUKSIEBESTUURDER: TAFELDRUIWE
PORTERVILLE OMGEWING

 Ons kliënt wil ‘n senior produksiebestuurder werf wat ten minste aan die volgende vereistes voldoen
– n Naskoolse landbou kwalifikasie wat aan ‘n erkende tersiêre instelling verwerf is
– Ten minste 8 tot 10 jaar tafeldruif/sagte vrugte ondervinding
– Bewese ervaring t.o.v. mensebestuur
– Administratiewe vaardighede met rekenaargeletterdheid
– Meerdere kennis van moderne boerdery-praktyke veral ten opsigte van tafeldruif- verbouing

Van die suksesvolle kandidaat sal verwag word om :
– Verantwoordelikheid te neem vir al die produksie-prosesse
– Die administrasie wat verband hou met produksie te hanteer en te gebruik ter bevordering van effektiwiteit
– Goeie boerdery praktyke toe te pas
– Pakhuis verantwoordelikhede op te neem tydens verpakking
– Waarde toe te voeg t.o.v. die groei van die onderneming
– Ondergeskiktes optimaal te bestuur

Belangstellendes wat aan die vereistes en verwagtinge voldoen kan hul CV plus afskrifte van hul kwalifikasies met verwysing MACSP  stuur na recruitment@ovdm.co.za