SENIOR SITRUS PRODUKSIEBESTUURDER (MASP)

Application deadline date has been passed for this Job.
Full Time
  • Post Date: 9 May 2019
Job Description

Hierdie gevestigde Sitrus Maatskappy wat spesialiseer in die produsering en uitvoer van sitrus, beskik oor die volgende posisie vir ‘n dinamiese, selfgedrewe persoon as deel van hul bestuurspan:     

SENIOR SITRUS PRODUKSIEBESTUURDER
BURGERSFORT OMGEWING

Vereistes:
– Ons wag op aansoeke van energieke en hardwerkende individuewat oor bewese bestuursvaardighede beskik, ondersteun deur minimum 8 – 10 jaar ondervinding in alle aspekte 
   van die verbouing van sitrus.
– ‘n Toepaslike landbou kwalifikasie sal as sterk aanbeveling dien.
– Goeie menseverhoudinge, kommunikasievaardighede
– Die vermoë om onafhanklik te opereer ondersteun deur ‘n  deeglike tegniese agtergrond van besproeiing, bemesting en bespuitings asook die implementering en toepassing van 
  gehaltebestuurstelsels. 
– Ondervinding in die bestuur van ‘n sitrus pakhuis en doen van nuwe ontwikkelings is ook van belang.
 
Oorhoofse pligte sal insluit: 
– Bestuur en kontrole oor alle produksie aktiwiteite
– Bestuur van en beheer oor produktiwiteit van arbeid, pakhuisbestuur, gehaltebestuur 
– Toepassing van tegniese aanbevelings.
 
Daar word ’n mededingende vergoedingspakket aan die pos gekoppel volgens kwalifikasie en ondervinding.
 
Stuur u volledige CV met verwysing MASP voor aan recruitment@ovdm.co.za