Spesialis Bestuurder: Hortologie

Full Time
  • Post Date: 20 November 2018
  • Apply Before: 28 February 2019
Job Description

Ons kliënt is ’nprodusent-verpakker-uitvoerder van sitrus en rooibostee geleë in dieCitrusdal-omgewing. Hulle is tans op soek na ‘n geskikte persoon om die rol vanSpesialis Bestuurder: Hortologie te vul wat aan die Direkteur Produksie enOntwikkeling sal rapporteer.

 

Verantwoordelikhede:

 

Hierdie senior bestuurspos vervul die rol as sterktoonaangewende leier van onderstaande dissiplines t.o.v. strategie, aksieplan,prosedure, protokol en kostebestuur oor al die produksie-eenhede.  

 

  • Algemene tuinboukundige praktyke                                             
  • Bemesting
  • Besproeiingskedulering
  • Snoei
  • Waterbestuur
  • Besproeiingsinfrastruktuur
  • Grondvoorbereiding en profielmodifikasie   

 

Vereistes:

 

  • ‘n Toepaslike B- of M-graad in Hortologie/Plantfisiologie/Grondkunde as vakke  
  • Selfgemotiveerd en selfstandig
  • Sterk interpersoonlike vaardighede                
  • Besigheids-insig en oriëntering
  • Uitstekende kommunikasie vaardighede
  • Verkieslik minimum van 5 jaar relevanteondervinding
  • Gemaklik met gebruik van nuwe tegnologie

 

Verseker asseblief dat jou aansoek dievolgende inligting bevat:

 

  • ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat),met kontaknommers en e-pos besonderhede
  • ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
  • beskikbaarheid
  • en referente wat gekontak mag word

 

Indien u nie binne vier weke vanaf diesluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoekonsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.