STELSEL/AKKREDITASIE KOORDINEERDER(MAST)

Full Time
  • Post Date: 9 May 2019
  • Apply Before: 30 Jun 2019
Job Description

Hierdie gevestigde Tafeldruif & Sitrus boerdery wat spesialiseer in die produsering en verpakking van uitvoer vrugte, beskik oor die volgende posisie vir ‘n dinamiese, selfgedrewe persoon as deel van hul kantoor:

STELSEL / AKKREDITASIE KOORDINEERDER
KAKAMAS OMGEWING


Vereistes:
– Ons wag op aansoeke van goed georganiseerde en presiese individue met minimum 3 jaar ondervinding in verskeie gehaltebestuurstelsels in  ‘n soortgelyke pos binne ‘n boerdery
   opset 
– Bo-gemiddelde rekenaarvaardigheid in MS Office beskik
– Die ideale kandidaat moet oor goeie menseverhoudinge en goeie kommunikasievaardighede beskik
– Kennis van spesifieke gehaltebestuurstelsels en akkreditasies soos GLOBALGAP / SIZA / HACCP

Pligte gaan onder meer insluit: 
– Volle bestuur van stelsel/ akkreditasie afdeling
– Voorbereiding van en verbeterings aan gehaltebestuurstelsels  
– Voorbereiding van oudit-lêers 
– Doen van pre-oudits sowel as ander algemene administrasie soos van pos vereis.
 
Daar word ’n mededingende vergoedingspakket aan die pos gekoppel volgens kwalifikasie en ondervinding.
 
Stuur u volledige CV met verwysing MAST aan recruitment@ovdm.co.za